Brian celebrates 25 years in the security industry

Brian celebrates 25 years in the security industry

Overstrand Herald wrote a brilliant article about Brian van der Merwe’s 25 years in the security industry. Their photograph captures him well: always ready for a chat and a mug of coffee in his office.

Below is the transcribed article (in Afrikaans):

OVERSTRAND HERALD ADVERTORIAL | 25 AUGUSTUS 2022 | BLADSY 9
GESKRYF DEUR GERARD GROBLER

Brian vd Merwe vier kwarteeu in sekuriteitsbedryf

KLEINMOND – Brian van der Merwe het die afgelope week ‘n kwarteeu in die sekuriteitsbedryf gevier, 5 daarvan as baas van sy huidige onderneming, Sandown Bay Sekuriteit.

Vandeesweek in sy kantoor langs Hoofweg vertel Brian van die tyd toe hy en sy vrou Annalie en die twee kinders in 1997 op die dorp beland het. Dit was na hulle vir ‘n vakansie hier kom kuier het by familie.

“Ons het net die bietjie meubels gehad, my ou bakkie en R10 000 in die bank.”

Vandag is Brian hoofman oor 28 personeel en het Sandown Bay Sekuriteit meer as 2 000 kliënte in Hangklip/Kleinmond. Hy vertel dit het alles begin met sy swaer, wyle Riaan Noordman van Ocean Electronics en dié se dormante beslote korporasie. Dit was die begin van die toe Ocean Security.

Sy eerse kliënte was sy swaer, Riaan Noordman, Schalk (Fiets) Boonzaaier, Kobus (Pille) le Roux van die apteek en wyle Ernie Muller van Datastoor. In daardie tyd, vertel hy, was die idee van gevorderde tegnologie ‘n soort sendertjie waarop die telefoonnommer van die huisalarm wat afgegaan het, verskyn het. Die adres is dan op ‘n indekskaart stelsel nagegaan.

Later het hy met Safe Security op Hermanus saamgesmelt. Dis nou tot vyf jaar gelede, toe hy besluit het om weg te breek en Sandown Bay Securiteit by Chris de Vos oorgeneem het. Deur alles, sê hy, was daar veral een persoon wat die lang pad met hom saamgeloop het. Dit was wyle Isabel Nel.

Die toekoms van die sekuriteitsbedryf? Wel, soos in baie ander bedrywe, glo Brian, lê die toekoms in kunsmatige intelligensie en hoe dit in die bedryf aangewend gaan word. Hy glo daar is ‘n blink toekoms vir die bedryf.

Overstrand Herald scanned article


We are very proud of his journey thus far and can’t wait to see what is in store for the future.

Call Now Button
Clear bulb without electricity